die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Personeel DU RAND J Export Staff1

Juf. Eloise Dique
Tennis Organiseerder
diquee@hswilgers.co.za

Wilgie-tennis begin al vroeg in die jaar om ons leerders aan die gang en gefokus te hou. Jaarliks word daar uitspele gehou om spanne vir die jaar te bepaal. Die dogters-liga strek oor die eerste kwartaal en die seuns-liga oor die tweede en derde kwartaal.

Ons skool se tennis gaan nie net oor die sport self nie, maar die ontwikkeling van elke leerder individueel en as ‘n span. Dit gaan oor die verhoudings wat daaruit gebou word, vriendskappe wat gevorm word en die sportmangees tussen spelers en opponente. Wilgie-tennis bied leerders die geleentheid om deel van ‘n span te wees.

Ons tennisspan presteer elke jaar goed en ons kan spog met twee Provinsiale tennisspelers wat al deur Wilgie-Tennis opgelewer is. Ons span was geseënd om die jaar baie nuwe tennisspelers by te kry. Hou gerus Wilgies se tennisspelers dop, ons sien uit na hierdie nuwe seisoen. 


Ons tennisdogters deel graag hul liefde vir dié sport

Die lekkerste deel van tennis vir my is om op die baan te klim nadat ek baie lanklaas gespeel het en ook om my hart uit te speel… veral wanneer die opponent se bal na my kant toe kom en ek een van die lekkerste dryfhoue kan slaan. Ek hou baie daarvan om te weet dat die wedstryd in my hande lê en ek bepaal wat ek daarvan gaan maak. As ek iemand moet motiveer om die sport te doen sal ek sê dat dit regtig as ander sportsoorte is... die bal lê in jou hande! Moet niks van tennis oordink nie... gaan oopkop in dit in! Dit is so lekker en dit leer mens so baie. Ek is mal daaroor.

Zoe du Preez

 

Tennis is ’n plek waar ek nuwe vriendinne kon maak, waar ek deel kon wees van ’n span wat saamstaan maak nie saak wat nie, en waar ons lekker kan lag oor als en die oomblik net kan geniet. Ek sal enigiemand motiveer om deel te word van ons skool se tennis, sodat hulle deel kan word van die skool en iets vir die skool kan doen. Dit help ook met vir beter konsentrasie met akademiese werk.

Chanté van Rensburg

 

Ek sal definitief sê die vriendskappe wat gevorm word en die samesyn is waarom ek Wilgie-tennis so baie geniet. Iets wat ek altyd saam my sal dra, is die sportmansgees van my opponente en ook die herinneringe wat ek saam met my span maak. Dit is beslis ’n baie lekker sport waar ’n mens kan lag en elke oomblik ten volle kan geniet. Die spel is baie ernstig waneer ’n mens moet fokus, maar na die tyd is dit altyd ’n groot fees om terug te kan kyk en iets te kan onthou van jou hoërskoolloopbaan.

Anja du Preez

 

Die lekkerste deel van tennis vir my is die motivering. Die hele span motiveer die ander die HELE tyd, maak nie saak wat nie. En as jy moeg raak, gee hulle jou altyd 'n rede om te lag en aan te hou. Ons is daar vir mekaar tydens die wedstryde. Ek sal iemand motiveer om dit te doen omdat jy deel word van 'n span en DIE ervaring sal jy nooit weer kan kry nie.

Melandi Muller

 

Gaan Terug

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web