die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

 

Beheerliggaam PAUW C Export Staff1

Christelle Pauw
Beheerliggaam: Ouerbetrokkenheid
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Beste Ouers/Voogde

Ek is al vier en ‘n half jaar betrokke by Hoërskool die Wilgers en dit bly steeds ‘n opwindende reis. Ek nooi elke ouer om te kom kennismaak en deel te raak van ‘n skool waar ons mekaar se lief en leed deel.

Kontak my gerus indien u enige navrae het.

Groete

 

Wilgie-Hande

Baie dankie aan elke ouer wat altyd bereid is om tydens atletiekverrigtinge met verkope te help. Tydens hierdie verrigtinge leer ouers mekaar ken en word die verkope ‘n aangename kennismaking en kuier.

Ouerverteenwoordigers van elke Graad

‘n Groot dankie aan die Ouerverteenwoordigers van elke Graad op wie ek altyd kan staatmaak.

Die volgende ma’s is my regterhand:

Graad 8 Ouerverteenwoordiger
Lynnette van Staden

Graad 9 Ouerverteenwoordiger
Stephanie Cronje

Graad 10 Ouerverteenwoordiger
Josandra Pauw

Josandra is ook die mamma wat elke Maandag ons voorportaal met pragtige blommerangskikkings verfraai.

Graad 11 Ouerverteenwoordiger
Leandra Naudé

Graad 12 Ouerverteenwoordiger
Anita Greeff

Bidmammas

Efesiërs 6:10 sê duidelik dat ons op die Here en Sy groot mag moet vertrou.

Op Donderdagoggende om 7:30 is daar ‘n handjievol ma’s wat langs die snoepie saambid. Ons jeugwerker, Joshua McQuirk, is ook daarby betrokke. Pa’s is natuurlik welkom. Wind, reën, koue en hitte het hierdie groepie nog nie weggehou nie.

Dankie aan elke ma saam met wie ek hande kan vat om te bid vir ons skool se personeel, ons kosbare kinders en ouers. Ek het soveel wonderwerke die afgelope paar jaar sien plaasvind.

Omgeegroep

Hierdie is 'n baie spesiale groep Wilgie-ouers wat onbaatsugtig uit hul eie beursies, harte en huise gee om die Wilgie-gesinne waar daar werklik groot nood bestaan, te ondersteun. Juf. Willene Swart, ook bekend as Ma’am Black, is betrokke by die Koskas Skenkings. Vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. (cc This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.)

Annebel Foundation

Die Annebel Foundation versorg al 10 jaar honderde minderbevoorregte tienerdogters landswyd. Elke maand word daar persoonlik pakkies met higiëniese produkte vir elke Annebel-meisie oorhandig. Vir meer inligting epos gerus Tania Strauss: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Ouerondersteuning

Ouers is welkom by die skool en u word aangemoedig om geleenthede by die skool te ondersteun. U teenwoordigheid by funksies en sportaangeleenthede sal waardeer word. Mag die verbintenis tussen u en ons skool baie gelukkig wees.

Besoeke aan die skool

Indien u die skool besoek, moet u ten alle tye eers by Ontvangs aanmeld. Dit maak die beheer en sekuriteit vir ons baie makliker en meer doeltreffend. Geen opvoeder mag gedurende skooltyd by ‘n klas besoek word nie. Dit is egter belangrik dat ouers die vrymoedigheid sal hê om met die kantoor te skakel. 

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web