die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Wilgerbos koshuis is ‘n unieke koshuis waar almal soos familie voel. Ons huisves seuns sowel as dogters. Daar is akkommodasie beskikbaar vir 20 seuns en 10 dogters.

Die koshuis is klein en ons fokus daarop om leerlinge op akademiese sowel as sport-en kultuurgebied te akkommodeer en te ontwikkel. Die leerlinge word voorsien van drie gebalanseerde etes per dag, sowel as pousekos. Daar word omgesien na daaglikse behoeftes en welsyn van almal. Verpligte studietye is weeksaande van 19:00-21:00. Die koshuise is toegerus met yskaste, mikrogolfoonde, breekware en ‘n gemeenskaplike studie-en eetsaal. Vir ontspanning is daar ‘n ontspanningslokaal met TV en Dstv, asook ‘n "pool"-tafel en klein gimnasium. Daar is ook goed ingerigte braaifasiliteite waar daar gereeld eenmaal ‘n week saam gebraai word.

Ons is baie trots op die prestasies van ons koshuisleerlinge. Op akademiese gebied spog ons met individuele toppresteerders in verskeie vakke. Die afgelope vyf jaar het die koshuis gereeld provinsiale sportprestasies opgelewer. Leerders verteenwoordig Gauteng-Noord spanne in sowel rugby en sagtebal. Individuele sportsoorte is ook verteenwoordig en lewer SA-spelers in ringbal en skopboks op. Ons koshuisleiers is ons trots. In 2017 is ons Koshuishoofseun, Tyrique Ferris, ook die onderhoofseun van ons skool en verteenwoordig hy ook die Blou Bulle in die Cravenweek rugbyspan. Vanjaar is ons koshuishoofdogter, Chrizaan Barnard, ook die hoofmeisie van ons skool, die President van die VLR, die sekretaresse van die Junior Stadsraad van Pretoria en was in 2019 deel van die Redsox Provinsiale sagtebalspan.

Ons visie by Wilgerbos Koshuis is om ‘n gebalanseerde, selfversekerde jongmens die grootmenswêreld in te stuur. Hierdie huis weg van die huis is ‘n familie wat altyd saamstaan… soos die koshuisgesegde tereg sê… "koshuisbrood maak ysters groot”.

Daar is tans ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar. Die kandidate wat aansoek doen, word aan ‘n keuringsproses onderwerp. Ons nooi almal vriendelik uit om deel te word van hierdie familie. Kontak mnr. of mev. Brits gerus vir verdere inligting.

 

KOSHUIS AANSOEKVORM

Laai Af

 

KOSHUIS BETALINGSPROSES

Laai Af

 

KOSHUIS HERINSKRYWINGSVORM

Laai Af

 

man

Johan Brits
Koshuisvader
britsj@hswilgers.co.za

man

Sanmari Brits
Koshuismoeder
britss@hswilgers.co.za

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web