die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

man

Emwee Arlow
Sport Direkteur
arlowe@hswilgers.co.za

 

HSDW Wilgies Rugby 2020

BOODSKAP VANAF ONS NUWE SPORT DIREKTEUR

 _____________

Geagte Wilgies

Graag wil ek my aan julle bekendstel. Ek is Emwee Arlow.

Ek is oorspronklik vanaf Heidelberg en het my na my skoolloopbaan in die Jakarandastad gevind. Hier het ek by Hoërskool Hendrik Verwoerd vir 'n periode van 7 jaar gewerk. Ek is 'n entoesiastiese persoon wat doelgerig is. Sport is my passie en liefde. Ek is nie iemand wat opgee nie - ek glo in harde werk asook eerlikheid want dit sal die nodige resultate bring. Sport is vir my belangrik aangesien dit vir ons belangrike lewenslesse leer, so ook selfdissipline. Ek sien daarna uit om 'n pad saam met Hoërskool Die Wilgers te stap en om deel te word van die skool se diep gewortelde tradisies en waardes en te trek daarop om sodoende by te dra tot ons opwindende en uitdagende nuwe toekoms.

My doelwitte saam met #Wilgies:

  • Om sport op 'n top vlak te behou
  • Om elke leerder se vaardighede en vermoëns te verbeter
  • Om 'n kultuur van trots en sukses te behou
  • Om 'n liefde vir sport by leerders te ontwikkel en om blywende kameraadskap te bou

_____________

 

Rugby was nog altyd deel van die etos van Hoërskool Die Wilgers. Ons eerstespan staan bekend as die “White Sharks” en dit bly ’n voorreg om vir hierdie span te speel.

Die Blou Bul stadsbekerkompetisie

Die Blou Bul stadsbekerkompetisie neem 'n aanvang in April met die finaal wat net na die Julie-vakansie plaasvind. Die wenners en naaswenners kwalifiseer vir die Noordvaal Virsekerbeker-kompetisie met die finaal wat in Augustus afgehandel word.

Ten spyte van gerugte dat spelers van mediumskole nie provinsiale geleenthede kry nie, lewer ons wel jaarliks provinsiale spelers op. So het 23 van ons spelers verteenwoordigende spanne in 2016 gehaal. In 2017 het 18 van ons spelers verteenwoordigende spanne gehaal en in 2018 het 17 spelers daarin geslaag. 2019 lewer Hoërskool Die Wilgers 10 Blou Bulle spelers op: 4 by o/18’s, 2 by o/15 Iqawe en 4 by o/14 Oliver Tambo.


Liga

Ons neem teen mediumskole in die stad se Blou Bul kompetisie mee. Dit het tot gevolg dat ons teen ons portuur in die Virsekertrofee Meduimskole (Afdeling 3) deelneem.

 

Gaan Terug

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web