die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Baie welkom by Hoërskool Die Wilgers in 2020.

Geleenthede, ontwikkeling en prestasie spreek van ons voortgesette benadering om elke kind aan soveel moontlike geleenthede bloot te stel wat 'n onmisbare bydrae in die opvoeding en ontwikkeling van leerders lewer en tot prestasie lei wat die deure vir 'n mooi toekoms oopmaak.

 

INPERKINGSTYDPERK 2020

 

Dagsê aan al ons personeel, leerders en ouers en almal betrokke by Hoërskool Die Wilgers.

Dit is vir ons duidelik dat ons ’n tydperk van onsekerheid en vrees betree. Ons as skool sal alles binne ons vermoë doen om almal te beskerm en veilig te hou. Ek doen ʼn beroep op almal om veilig te bly en verantwoordelik op te tree, julle is elkeen vir ons ongelooflik kosbaar. Sekere beperkinge is ingestel om ons te beskerm en moet deeglik nagekom word.

Reeds met die aankondiging van die eerste inperkings, het ons as personeel besef dat die akademie ʼn groot uitdaging gaan wees. Die graad 11-leerders moet aansoek doen vir Universiteitstoelating gebaseer op graad 11-punte en die matrieks moet NSS-eksamen skryf. Maar so is elke jaar belangrik vir ons leerders. Die toetrede van personeel om vakinhoud, lesse en take aan leerders beskikbaar te stel, het my laat besef dat julle vir Hoërskool Die Wilgers goud werd is.

Alle inligting vanaf die Minister van Basiese Onderwys deur Angelina Motsheka sal gekommunikeer word.

Mag julle almal geseënd wees en veilig bly. Onthou: die ankertou is ons geloof en die rots is ons hoop.

 

Groete

 

 Personeel WELKEN A Export Staff1

Waarnemende Hoof
Anton Welken

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web