die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Personeel DU RAND J Export Staff1

Juf. Jacqueline du Rand
Netbal Organiseerder
durandj@hswilgers.co.za

Boodskap vanaf Chrizaan Barnard: Kaptein White Eagles 2020

Elke Wilgie-netbaldogter se droom is om daardie wit Eagles rokkie oor jou kop te trek en deel te wees van Wilgers se eerstespan en op daardie baan te stap en jou hart uit te speel. Maar hierdie 2020 seisoen is anders. Te midde van chaos in die wêreld en ons land, onsekerheid oor ons toekoms en die gemis na "normaal" raak, is ek rustig en dankbaar. Dankbaar vir die een geleentheid hierdie seisoen wat ons as span op die veld kon stap en ons harte kon uitspeel en die ander span kon oorwin met trots. Baie dankie vir almal, Dionné, Melandi, Anja, Zoë, Andrea, Charlene, Mari, Zané en Delaney wat op hul eie manier hulself fiks hou en gemotiveerd bly. Want miskien, net miskien in die "nuwe normaal" trek ons daardie wit Eagles eerstespan rokkies aan en maak ons die trofeekas vol!

 

Gaan Terug

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web