die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Ronel Stronkhorst 

Ronel Stronkhorst
Landloop Organiseerder
exinco@mweb.co.za
+27 83 299 7413

Ons landloop skop af in die tweede kwartaal met die Klub Liga. Byeenkomste vind gewoonlik op Saterdae plaas en leerders kan deelneem aan 5 liga-byeenkomste. Tydens die Klub Liga is daar minstens een aandbyeenkoms op ‘n Vrydagaand wat ‘n hoogtepunt vir die atlete is. Atlete wat onder die top 18 in minstens vier byeenkomste geplaas word, kan ingesluit word na groter byeenkomste. Hoërskool Die Wilgers het feitlik elke jaar atlete wat vir die Gauteng-Noord span gekies word.

Enige leerder is welkom om deel te neem aan landloop. Ons neem deel in ons wit atletiekhemp en groen MBK-broek. Hardloopskoene is opsioneel, maar word aanbeveel. Die roetes is nie om ‘n atletiekbaan nie en dorings en klippe kan beserings veroorsaak.

Landloop bied ons atlete die geleentheid om uithouvermoë en deursettingsvermoë te beoefen. Dit is net die regte oefening om lekker fiks te word wat 'n voordeel vir alle sportsoorte inhou. 'n Liefde word vir hardloop gekweek en leerders se selfdissipline en doelgerigtheid word verbeter.

Die Skole Liga vind tydens die derde kwartaal van die jaar plaas en daar is geen beperking op deelnemers nie. Leerders kan reeds vanaf Graad 8 deelneem. Ons neem elke jaar deel aan verskeie liga byeenkomste, gewoonlik 5, waarvan een ‘n 2km “dash” is.

Byeenkomste is op Woensdae-middae.

 

Gaan Terug

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web