Adverteer in ‘Die Veldbrand’ (weeklikse nuusbrief)
‘Die Veldbrand’ word elke Vrydag/Maandag per e-pos aan ons ouers gestuur en word weekliks op die webblad en “d6 connect” toep gelaai. A5 digitale advertensie: R150 en ‘n A4 digitale advertensie: R300 (van toepassing tot 'n week). Inligting moet asseblief nie later as Dinsdag gestuur word nie.
Plasing in die skoolkoerantjie, ‘Deurie Blare’
Ons beoog om vir 2020 ons skoolkoerant nie net digitaal vry te stel nie, maar ook in hardekopie beskikbaar te stel. Adverteer graag in ons skoolkoerant om genoemde moontlik te maak.
Pamflette of Brosjures
A5 pamflette (deur adverteerder self verskaf, reeds in 19x pakkies van 30 verpak) beloop R750 vir die hele skool en R150 per graadgroep. Die pamflette of brosjures word tydens registerperiode uitgedeel.
Plakkate vir Kennisgewingsborde
Daar is vier kennisgewingsborde waarop plakkate geplaas kan word. Koste beloop R60 per plakkaat per week.
Advertensieborde
KLIEK OP ONDERSTAANDE SKAKEL VIR MEER INLIGTING EN KOSTES:
Advertensie op die webwerf
Daar is slegs drie spasies beskikbaar vir advertering op die webblad. ‘n Eenmalige advertensie op die webwerf se koste beloop R250 per maand. Die digitale advertensie se spesifikasies is soos volg: 72dpi, 190 mm x 105 mm (jpeg formaat).
Betalingsbesonderhede
Bank: ABSA
Rekening: 1630390199
Tak: 333845
Verwysing: ‘Naam’, ‘Advertensies’
Annalien Venter
Bemarking
bThis email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.