die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Personeel DU RAND J Export Staff1

Mnr. Kobus Coetzee
Gholf Organiseerder
coetzeek@hswilgers.co.za

Hoërskool Die Wilgers bied ons kinders die geleentheid om ’n gebalanseerde ervaring te ondergaan, deur hul talente in die klaskamer, sowel as op die gholfbaan te ontwikkel. Ons bied ’n kind die geleentheid om deel te voel van iets groter as hulself, deur hul skool se waardes, en diensbaarheid teenoor jou medemens, op die gholfbaan te verteenwoordig.

Wilgies neem deel aan die Gauteng-Noord-gholfskoleliga, met sterk kompeterende skole soos Hoërskool Menlopark, Pretoria Boys High, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Swartkop en Hoërskool Eldoraigne. Ons wil ook elke jaar ’n dogterspan in die gholfliga inskryf.

Dit is ons wense dat ’n sport soos gholf sal voortleef by Hoërskool Die Wilgers, want soos ons skool ook bekend staan, dit is ’n sport wat klein genoeg is om groot te wees, en ook groot genoeg om klein te wees.

 

Gaan Terug

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web