die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Jan Nelson

Jan Nelson
Bergfiets Organiseerder
Jan.Nelson@atkv.org.za

Hierdie is 'n splinternuwe sportsoort wat aangebied word by ons skool. 


Wilgies-bergfiets in die wegspringblok

Die Spur MTB-reeks is die grootste bergfiets kompetisie van sy soort ter wêreld. Hierdie reeks verskaf reeds die afgelope tien jaar geleentheid aan entoesiastiese, ervare en onervare bergfietsryers vir primêre- sowel as sekondêre skole. Daar het ongeveer 13 000 ryers van min of meer 500 skole aan die Spur MTB-reeks in 2019 deelgeneem. Die Spur MTB-liga verskaf nie net aan deelnemers die geleentheid om hul skool te verteenwoordig nie, maar ook om gekies te word om deel te neem aan 'n nasionale kompetisie en dus provinsiale kleure te verwerf.

Vanjaar gaan Hoërskool Die Wilgers vir die derde opeenvolgende jaar aan die Spur MTB-bergfietsreeks deelneem. Die vorige twee jare het ses Wilgie-leerders met entoesiasme en singende speke die groen vaandel hoog gedra in hierdie kompetisie. Ons hoop om hierdie jaar in alle ouderdomskategorieë, vir sekondêre skole, deelnemers in te skryf. Daar is 'n plekkie vir elke leerder in die verskillende kategorieë.

Hoërskool Die Wilgers neem deel in die Gauteng Noord streek. Dié reeks skop af op 18 April 2020 en loop ten einde op 15 Augustus 2020. Daar is vier amptelike wedrenne wat op lieflike, veilige hoërskoolterreine in ons streek aangebied word.

Die Spur MTB-reeks gaan oor veel meer as net wen. Deelname is die eintlike dryfveer van die reeks. Vir deelname verwerf elke skool punte, maar dit bied ook 'n wonderlike geleentheid om die skool bekend te stel en te bemark. Die roetes is oor die algemeen in rondte-formaat. Elke rondte beloop tussen 3 en 6 kilometer en om ten einde punte vir die skool te verwerf hoef 'n ryer slegs een rondte te voltooi.
Ons is opgewonde oor 'n suksesvolle, volgepakte fietsryseisoen en hoop om julle almal daar te sien.

Dijan Nelson

 

Gaan Terug

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web