die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Personeel DU RAND J Export Staff1

Juf. Mercia van Greunen
Atletiek Organiseerder
vangreunenm@hswilgers.co.za

Atletiek word in die eerste en vierde kwartaal aangebied. Gedurende die eerste kwartaal vind die Graad 8-uitdaagbyeenkoms plaas en word gevolg deur die Interhuis en dan ten minste drie atletiekbyeenkomste, die Top 12-byeenkoms en die Interhoër.

In die vierde kwartaal word aan ten minste drie byeenkomste deelgeneem. Ons atlete kry geleentheid om aan distrik-, provinsiaal- en nasionale vlak deel te neem.

Die afgelope twee jaar het Hoërskool Die Wilgers se atletiek en atletiek deelname baie opgetel. Daar is 'n ongelooflike gees onder al die atlete en 'n lekker atletieksokkie in atletiekseisoen. Ons het ook 'n sangspan wat ons atlete aanspoor.

Die atletiek voorseisoen begin Julie waar die atlete 'n winterseisoen doen. Oefentye is Maandae tot Woensdae om 14:00-15:30.

In die atletiekseisoen (Januarie tot Maart) is die oefentye Maandae tot Woensdae om 14:15-15:30. Byeenkomste vind op Vrydae plaas.

 

Gaan Terug

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web