die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Atletiek

Ons skool strewe daarna om soveel as moontlik atlete die kans te gee om deel te neem. Passie, vaardigheid en toegewydheid resoneer met ons atletiekprogram.

Bergfiets

Hierdie is ʼn nuwe sportsoort wat aangebied word by ons skool. In 2019 het ons ons eerste USN-ryers opgelewer. Kom vorm deel van hierdie opwindende sportsoort.

Gholf

Ons doelwit is om 'n ware liefde vir dié sport te help kweek en goeie sportmangees, kameraadskap en deursettingsvermoëns te ontwikkel.

Hokkie

Die hokkieseisoen is heerlik besig met vyf dogtersspanne en drie seunspanne. Die dogters speel in hul liga die tweede kwartaal en die seuns soms tot in die derde kwartaal.

Krieket

Met afrigters wat die ekstra myl loop, hoef ons spelers nie ’n enkele millimeter terug te staan in die hitte van ’n kompeterende krieketwedstryd nie.

Landloop

Landloop is 'n wintersport wat in die derde kwartaal aangebied word. Landloopoefening vind dwarsdeur die jaar plaas en leerders word aangemoedig om gereeld te oefen.

Netbal

Wilgies se netbal behou jaarliks uitstekende uitslae in die liga en is 'n span om mee rekening te hou, danksy ons lojale en trotse netbaldogters en bekwame afrigters.

Ruitersport

Hoërskool Die Wilgers se ruitersportspan neem jaarliks aan die SANESA skoleliga deel. Ons ruiters behaal uitstekende uitslae elke jaar en toon vernuf en puik ruitervaardigheid.

Rugby

Rugby was nog altyd deel van die etos van Wilgers. Ons eerstespan staan bekend as die “White Sharks” en dit bly ’n voorreg om vir hierdie span te speel.

Sagtebal

Sagtebal is 'n opwindende sport. Ons het bekwame afrigters wat ons spanne afrig. Wilgies Sagtebal lewer elke jaar vele Gautengspelers op. Sagtebal floreer by ons skool.

Skaak

Skaak ontwikkel ‘n leerder se vermoëns om beter te konsentreer en talle wetenskaplike studies het al bewys dat skaak 'n kind se intelligensie ontwikkel.

Tennis

Wilgie-tennis het mooi gegroei tot ’n span waarmee daar rekening gehou moet word. Ons tennisspelers moet beslis nie onderskat word as hulle op die baan stap nie.

 

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web