die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Kuns & Ontwerp

Lees Meer

 

Dans

So Let’s Dance is ‘n dansskool met baie geleenthede om as 'n danser te groei. Dans is die manier waarop ons onsself uitdruk wanneer woorde onvoldoende is. Dans is die medium waardeur ons die wêreld wys wie ons werklik is en wie ons kan wees. Met die regte afrigter, Tahlita Grobbelaar, is dit pret en maklik om te dans.

Dansoefening is elke Donderdag in die gimnasium vanaf 15:00 – 16:30. 

Kontak Tahlita Grobbelaar: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Debat

By ons word debatvoering gesien as een van die beste leerskole om kommunikasievaardighede te ontwikkel en te verbeter. Deelname aan debat ontwikkel konsentrasievermoë, deursettingsvermoë, moed en durf, probleemoplossing, dissipline en gesonde kompetisie tussen leerders. Spanwerk is uiteraard noodsaaklik om sukses te verseker. Tydens die onderrig in debatvoering word leerders begelei om hul eie menings oor ‘n saak te vorm, met mekaar te redeneer én sonder aggressie gereed te wees vir hul opponente se argument. Met so ‘n allesomvattende benadering vorm ons alle deelnemers tot toekomstige leiers. 

Kontak Willene Swart: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Drama – Pali

In ons eie Wuka-teater bied Pali (Performing Arts Lifestyle Institute) klasse aan deur professionele akteurs en leerders die basiese vaardighede wat mens in beide film en teater benodig te leer. Leerders doen ook elke kwartaal ‘n eksamen wat deur industriekenners beoordeel word en aan die einde van die jaar is daar ‘n produksie vir ons Gala-aand. Pali is sedert 2019 by ons produksies en ATKV-Tienertoneel betrokke. Dié Uitvoerende Kunste Instituut se doel is om aspirant-akteurs, direkteure en skrywers vir die toetrede tot die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf voor te berei.

Kontak Lara Lourens: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  

 

KLIEK OP ONDERSTAANDE OM PALI SE WEBBLAD TE BESIGTIG.

Kliek Hier

 

KLIEK OP ONDERSTAANDE OM PALI SE INSKRYWINGSVORM AF TE LAAI.

Kliek Hier

 

Die Voortrekkers

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in hulle roeping tot diens. Waar anders sal kinders vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het, rigting met sterre te vind of sommer net laataand om ’n kampvuur te kuier? Ons staan op aandag wanneer ons jaarliks eer betoon aan leerders wat die Presidentverkenner-toekenning ontvang.

Kontak Anna-Marie Scheepers -  Suiderkruis Voortrekkers: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Eisteddfod

Deelname in voordrag, sang, kuns en musiek. Ons affilieer jaarliks by alle moontlike instansies. Ongeveer 30 leerders neem hieraan deel en tot 50% verwerf kleure op die skool se meriete punteskaal. Lede van dramaskole word ook deur die skool ingeskryf en toekennings word erken. Daar word aan die Pretoria-Centurionkompetisies deelgeneem.

Kontak Marili Herbst: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

KLIEK OP ONDERSTAANDE OM DIE EISTEDDFOD PRETORIA WEBBLAD TE BESIGTIG.

Kliek Hier

 

Fotografie

Die fotografieklub val onder bemarking. Hierdie leerders tree op as fotograwe tydens skoolfunksies en ander geleenthede. Ons beplan ook ‘n opwindende fotografiekompetisie vir 2021.

Kontak bemarking: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Kabaret

Verskeie teoretici en kunstenaars het al gepoog om die genre, kabaret, te omskryf, te definieer en in verskeie kategorieë te plaas in ’n poging om die vraag: “Wat is kabaret?” te beantwoord. Baie is van mening dat kabaret nie gedefinieer kan word nie, ander sien kabaret weer as ’n vry-veranderende genre en voel dus dat ’n definisie dit sal inperk en dwing om iets te wees wat dit nie is nie.

Kabaretoefening is elke Maandag naskool in die saal.

Kontak Cobie Smit: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Koor

Wilgie-Koor word afgerig deur Schalk van der Merwe wat glo dat 'n belegging in jongmense van jongs af 'n waardering vir die kunste kweek en bydra tot 'n gebalanseerde, opgevoede samelewing. Schalk het sy voorgraadse musiekstudies in 2011 aan die Universiteit van Pretoria begin, met orkesdirigering onder die Nederlandse dirigent Gerben Grooten. Behalwe orkesonderrig het sy BMus-studies ook viool, stem, komposisie, teorie en koorleiding ingesluit. Hy is tans besig met sy meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria. In 2019 het hy die 4de Len van Zyl-dirigent-kompetisie gewen en is hy bekroon met 'n internskap aan die Philadelphia Orchestra in die Verenigde State en die geleentheid om aan die Bienen School of Music in Chicago te studeer. Schalk is ook 'n passievolle opvoeder en onderrig viool, klavier en stem.

Kontak Candice Trask: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Innie Kollig Talentaand

Innie Kollig Talentaand is een van ons skool se skouspelagtige tradisies en word deur die Kultuur UK-lid gekoördineer. Hierdie talentaand is werklik 'n spogaand waartydens kultuurpresteerders hulle talente ten toon kan stel. Hierdie aande is ons trots. Tientalle van ons laerskoolvoederskole, asook oud-Wilgies, is jaarliks deel van die gehoor.

Kontak Marili Herbst: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Redenaars

Hier kan elke Wilgie sy "sê sê" – solank dit oortuigend gedoen word.  Redenaars ontwikkel leerders se redenasievermoë; hulle speel en gooi met woorde.  Die gevolg?  Redenaars wat ontwikkel en op ATKV Redenaarskompetisies uitblink. ʼn Wenner per graad word jaarliks intern aangewys. Afrikaanse leerders wat werklik vlot tweetalig is kry die geleentheid om in Engels hul redenasietalente uit te leef. ‘n Wenner per graad word jaarliks intern aangewys.

Kontak Willene Swart: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Marili Herbst: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Skoolproduksie

Elke tweede jaar word 'n nuutgeskrewe produksie in samewerking met Pali op die planke gebring. Ons spog met die onderstaande indrukwekkende lys oud-Wilgiesterre nie:

YVETTE GROENEWALD
Kabaret, musiek en sang

ANGERIE VAN WYK
Kabaret in geselskap van Trix Pienaar en Danielle Pascal

ANÉL ALEXANDER
7de Laan en Teaterproduksies, Getroud met Rugby

ELLE CHAPMAN
Kabaret , sang, skrywer en wenner van Geraas Beeld- sangkompetisie

MARHETTE VAN SCHALKWYK
Song vir Katryn en 7de Laan

PIERRE BREYTENBACH
7de Laan en advertensies, Casper Rasper en Aardklop-produksies, Getroud met Rugby en Proesstraat

MICHELLE BOTHA
TV, toneel, Egoli, kabaret en gereelde optredes by Aardklop , sanger in Ons vir jou Suid-Afrika, Getroud met rugby. Kabaretsanger en aktrise in Isidingo

LAURETTE HAMAN        
Australië (Operahuis)

LOUIS PEPLER
Suid-Afrikaanse sangsensasie: Bok van Blerk

BARRY STEENKAMP
Van Radio Kalahari Orkes

ALBERT PRETORUIS
Verhoog en TV (Binnelanders)  By die KKNK 3de op die gewildheidslys. Films: Die Seemeeu, Johnny is nie dood nie en Fynskrif

SEAN ELSE
7de Laan, advertensies, Varkplaas, KKNK en 'n gewese lid van die sanggroep EDEN, skrywer- regisseur van Ons vir jou Suid-Afrika, filmvervaardiger

LIEZL VAN DER MERWE
Paljas, Voete van Goud, dansoptredes by Sun City, filmmaker en eie dansstudio

EUGENIE GROBLER
Van kabaret-faam

CINTAINNE SCHUTTE
Verhoog en TV (Boland moorde)  3de op die gewildheidslys by die KKNK. Fynskrif. Die dinge van ‘n kind (eenmansvertoning)

PULANE SEKEPE
Radio-aanbieder van Kontrak en TV-ster

LIESL AHLERS
Warner Bros film: Friend Request hoofrol. In Moskou ‘n toekenning ontvang. SA film gemaak: Daylight.

REA LE ROUX
Sangeres

DEHAN VON SOLMS
Sanger by huidige Afrikaans Herlaai-cd

RUAN DU PLESSIS
Sanger 

FRANJA DU PLESSIS
Sangeres

Kontak Cobie Smit: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Tienertoneel

Hoërskool Die Wilgers skryf gereeld in vir plaaslike- en die ATKV-Tienertoneelkompetisies.

In die 38 jaar van ons skool se bestaan het ons daarin geslaag om 22 selfgeskrewe stukke vir kompetisies in te skryf; 19 van hierdie stukke was ATKV-streekswenners; 9 het deurgedring tot die finaal en 2 was landswye wenners.

Kontak Lara Lourens: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  

 

Kunsuitstalling

Daar word ook jaarliks ʼn groot kunsuitstalling gehou wat deel vorm van die skool se Kultuurweek. Die Kunsleerders word ook aangemoedig om op ʼn kwartaallikse basis aan ʼn kunskompetisie deel te neem. Dit bied aan die leerders die geleentheid om hul standaard met dié van ander skole te vergelyk.

Kontak Schümyn Etsebeth: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Ronel Pienaar: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.   

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web