Klank en Beligting
Die tegniese span onder leiding van Wilgie-leerder, André van der Merwe, is verantwoordelik om die tegniese toerusting soos luidsprekers, mikrofone, klankborde, beligting en projeksies vir skoolgeleenthede op te stel en weer alles na die tyd weg te pak en op te ruim. Dié span moet ook tydens hierdie geleenthede aan diens wees as operateurs van hierdie toerusting.
André van der Merwe
Tegniese Spanleier
Vir enige belangstelling om deel van dié dinamiese span te wees, epos graag This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Noodhulp
Ons skool het ‘n noodhulpspan wat bestaan uit vlak 1, -vlak 2 of vlak 3 noodhulpleerders. Na afloop van hul opleiding tree hierdie flukse leerders as vrywilligers op by verskeie sportbyeenkomste om ondervinding op te doen.
Lourens Lemmer
Noodhulp Organiseerder
Indien 'n leerder belangstel om deel van die noodhulpspan te wees, epos graag This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en cc This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.