Hierdie diens word op die skoolterrein aangebied en is gerig om leerders addisionele geleenthede in die akademie te gee. Die sluit die volgende aspekte in:
Wiskunde Sentrum
Gevorderde Wiskunde (AP Maths)
Hierdie is 'n gevorderde Wiskundekursus buite die normale skoolsillabus.
Vanaf Graad 10 om die gaping tussen matriek-wiskunde en eerstejaar-wiskunde te oorbrug.
Kandidate sal na suksesvolle aflegging van die AP Maths Matriek-eksamen ʼn nasionale sertifikaat van die Onafhanklike Eksamen Raad (IEB) ontvang. Hierdie kwalifikasie is van onskatbare waarde vir leerders wat in 'n wetenskaplike rigting wil studeer.
Die sillabus bestaan uit:
Afdeling 1: Calculus
Afdeling 2: Algebra
Afdeling 3: Statistiek
Die kursus word na-ure aangebied. Kontak me. Susan Naudé vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Privaat Wiskunde Hulpklasse
Hulpklasse word aangebied op Donderdae gratis by enige Wiskunde Onderwyser. Leerders kry die geleentheid om onder toesig Wiskunde te oefen. Daar is ook privaat hulpklasse teen vergoeding vir alle grade by die skool beskikbaar. Die dame wat die klasse by ons skool aanbied, is een van ons eie personeellede en volg ons jaarplan. Sy is in noue kontak met die Wiskunde departementshoof en bly op hoogte van die leerders se vordering in die skool. Kontak me. Susan Naudé vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Junior AP Wiskunde
Waar ons die wiskundedenke van Graad 9’s stimuleer tot 'n hoër vlak. Kontak me. Susan Naudé vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Wiskunde-oggendklasse
Woensdag 6:00 - 7:00 - Nie-verpligtend
Wiskunde Graad 11
Word sterk aanbeveel vir Graad 11-leerders wat sukkel met Wiskunde.
Kontak me. Susan Naudé vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Wiskunde Graad 12
Word sterk aanbeveel vir Graad 12-leerders wat sukkel met Wiskunde.
Kontak me. Hannelie Louw vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Wilgie Winterskool
Daar word die geleentheid aan Graad 12-leerders gebied om soos die behoefte ontstaan, Die Winterskool gedurende die Julie skoolvakansie in die volgende vakke by te woon:
- Wiskunde Geletterdheid en Tegniese wiskunde
- Fisiese Wetenskap en Tegniese Wetenskap
- Lewenswetenskappe
- Engels
- Rekenaartoepassingstegnologie
Kontak me. Susan Naudé vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ander Ekstra Klasse
Ekstra klasse word in verskeie vakke op aanvraag gedurende die jaar en voor eksamens aangebied.
Naskoolsentrum
Hierdie diens word op die skoolterrein aangebied en is gerig op leerders met bepaalde behoeftes. Gesinne waar beide ouers werk, maak veral van hierdie diens gebruik.
Navrae kan aan die skoolkantoor gerig word. Kontak me. Gretha Wilkins via epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Huiswerklokaal
Leerders wat later die middag deur hulle ouers by die skool gehaal word, het geleentheid om in 'n voorafbepaalde lokaal huiswerk te doen. Navraag kan hieromtrent by die administratiewe kantoor gedoen word. Kontak me. Gretha Wilkins vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Olimpiades
Daar word jaarliks aan 'n groot verskeidenheid vakolimpiades deelgeneem. Die deelnemers bepaal hul stand van kennis t.o.v. die vakrigting. Dit is ʼn geleentheid wat nie noodwendig leerplaninhoud toets nie. Ons was al die Nasionale Wenners van die Rekeningkunde Olimpiade. Kontak me. Hannelie Louw vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Belangstellingstoetse vir Graad 9-leerders
Ten einde die Graad 9-leerders in staat te stel om 'n ingeligte besluit ten opsigte van vakkeuses te neem, word aanlegtoetse op aanvraag afgelê deur buite instansie teen betaling. Terugvoer aan die ouers word persoonlik gedoen. Kontak me. Hester Booyse vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Graad 12-oggendklasse
Die topbestuur van die skool het die volgende verlengde lestyd goedgekeur. Aangesien die ondergenoemde vakke se sillabusse baie lank en inoefening uiters noodsaaklik is, word die volgende verpligte verlengde lestye by Hoërskool Die Wilgers ingestel. Let wel dit is nie hulp- of ekstraklasse nie, maar verpligte verlengde lestye waar die betrokke onderwysers aangaan met die sillabus. Die tye is deeglik oorweeg en is so gekies sodat dit die minste ontwrigting ten opsigte van ander bestaande aktiwiteite van die skool sal veroorsaak. Dieselfde reëling is by verskeie ander skole reeds in werking. Ons vertrou op u samewerking en dat u sal sorg dat u matriekkind betyds by die skool sal wees op al die dae wat op hom/haar betrekking het vir sy/haar eie beswil.
Maandag 6:30 - 7:30 - Verpligtend
Wiskunde en Tegniese Wiskunde
Wisk: Kontak me. Hannelie Louw of me. Annie Bothma vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Teg Wisk: Kontak me. Villanie Biddulph vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Dinsdag 6:30 - 7:30 - Verpligtend
Tegniese Wetenskap / Geografie - Per geleentheid
Tegniese Wetenskap: Kontak me. Villanie Biddulph vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Geografie: Kontak mnr. Pieter Lombaard vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Donderdag 6:30- 7:30 - Verpligtend
Fisiese Wetenskap: Kontak me. Villanie Biddulph vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Vrydag 6:30- 7:30 - Verpligtend
IGO: Kontak me. Riette Prinsloo vir enige navrae: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.