die-wilgers.png

GELEENTHEDE  |  ONTWIKKELING  |  PRESTASIE

FBINSTALINKED INYOUTUBE

Die Wolkskool is ’n nuwe generasie leerplatform vir leerders. Leerders kan ter enige tyd leerinhoud bemeester deur middel van hoë kwaliteit videolesse, assesserings asook ondersteunende lesmateriaal in vakke soos Wiskunde, Wetenskap, en Afrikaans Huistaal – gebaseer op die KABV kurrikulum.

Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het onlangs in ’n omsendbrief verwys na die belangrikheid daarvan om kontinuïteit in onderrig te verseker gedurende die tydperk van die Korona-virus. Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun hierdie standpunt en het besluit om Die Wolkskool tot 30 Junie GRATIS vir alle leerders beskikbaar te stel.

Hoërskool Die Wilgers moedig leerders aan om van dié geleentheid gebruik te maak.
Ouers kan op die volgende skakel kliek en die vorm voltooi:

 

OUERS KAN OP DIE VOLGENDE SKAKEL KLIEK EN DIE VORM AFLAAI EN VOLTOOI.

Kliek Hier

 

Kies Hoërskool Die Wilgers uit die lys en voltooi die nodige inligting. Die Skoleondersteuningsentrum stuur vir elke ouer daarna 'n e-pos met die stappe wat die ouer moet volg vir toegang. Die e-pos sal ’n unieke kode vir elke leerder insluit.

 

MEER OOR DIE WOLKSKOOL.

Laai Af

Webwerf deur HS Die Wilgers Bemarking & A-web